| Site Map | Home | |
Die Abaqondisi Brothers in Kayamandi, Stellenbosch, April 2001
Vertaal deur Johann vanuit die Engelse weergawe deur Jean Jordaan en Johann Kotze.
Donderdagaand, die begin van die laaste langnaweek van April, die son aan die sak. Die CD-winkel is nog oop en die Bookshop langsaan ook, met ‘n klein samedromming op die sypaadjie verstrooi, groepies mense was besig om deur die rakke te kyk en gesels, gretig afwagtend vir die vervoer na ‘n ander wereld. Ons het kaartjies gekoop vir 'n konsert deur die Abaqondisi Brothers, die Broers van Begrip, al ons was nie presies seker waar die konsert sou plaasvind nie – iewers in Kayamandi, net buite die dorp, en die meeste van ons sou die roete soontoe seker nie geken het nie.
Die verwagte minibustaxis daag presies op tyd op en sluk die lot van ons in.. Niemand merk Birdstraat eintlik op nie, dis te bekend om raak te sien -- maar almal begin nuuskierig uitkyk toe ons Kayamandi binnery. Hier moet die taxis rem tot stapspoed op die pasop vir al die straatwandelaars. Oral is daar voordeure wat oopstaan om die blikke van ons “toeriste” binne te laat. Ons word afgelaai reg buite die Kayamandi Gemeenskapssaal. 'n Jazz-trio was reeds besig om die sementmure warm te speel. Dit was Johan Smit (van Spinnekop) met ‘n interresante ‘60’s rock kitaarklank en René Belcher op haar saksofoon, saam met hulle dromspeler Jaqcues Schutte. Hulle was lekker aan die kook , nogal met (as jy mooi luister) liedjies soos "Bobbejaan klim die berg", omvorm tot rokerige “lounge jazz” wat spelerig knik vir die Afrikaanse volksdeuntjie.
Die kleinerige saal is helder verlig met daardie aaklige neon buise. Die wit boonste helfde van die mure wat nie “regeringsgrys” geverf is nie is effe bekrap met die name van die dj’s wat al daar opgetree het. Nadat almal hulle lekker tuisgemaak op die houtbanke (meeste met ‘n paar planke kort) en ewe ordentlik hulle sigaretjies buite gerook het, selfs al is die gebou baie goed geventileerde aangesien die meeste van die ruite gebreek is, word die Brothers voorgestel. Elvis, hulle leier, neem die bekendstellery oor, en vertel begeesterd hoe goed dit is dat ons whiteys by die heuwel opgesleep is, selfs al het dit geverg dat iemand kaartjies aan ons moes verkoop om ons gatte in die bussies gestop te kon kry. Eintlik was dit nie wat hy regtig gesê het nie, hy was veels te gaaf daarvoor. Dit was mens se gedagte terwyl jy daar gesit het en gewonder hoe die aand nou eintlik sal uitdraai, en hoe vreemd dit is om hier te wees in hierdie “ander wêreld” skaars 5km van ons eie huise af.
In elk geval, hy vra ons toe om op te staan, en die twaalftal in voorspelbare Madiba-tipe hemde agter die mikrofone open met die volkslied in Xhosa, Afrikaans en Engels. Almal word stil, betower deur die rykheid van hulle stemme, en dit voel of hulle skaars begin het toe die pap en wors opdaag vir die halftyd breek. In die kronkelende tou verby die groot potte het dit gevoel soos ‘n tipe sopkombuis, seker net veel vroliker. Na ‘n 20 minute of so weet meer van ons ook waarom hierdie mense putu pap eet - benewns dat dit vrek lekker is saam met die chakalak sousie laat dit mens se maag sommer bult met genoegdoening.
Gou-gou en almal sit weer vir nog. Die saal raak al hoe voller. Die mamas wat die kos gemaak het kom sit en luister. Tieners en swerwers genooi van die strate buite leun teen die mure en sit die agterbanke vol, staan in die gangetjie. Met die intrapslag is dit duidelik dat die erns waarmee die sangers die eerste helfde aangepak het gebreek was. Soos met ‘n goeie rugbywedstryd of stram geselskap neem dit soms ‘n tydjie voor dinge daardie regte loskom oorkom. En wanneer hierdie klomp sangers en vriende loskom kom daar dinge bymekaar wat selde gesien of gehoor word. Skielik word die mbube-jive (acapella met Afrika harmoniee) afgerat na iets in Engels wat amper soos Amazing Grace klink. ‘n Asembenewende oomblik wat ander voetjeuk oomblikke met minute van rugrillngs afwissel. Gospel wat selfs heidine vir ‘n wyle kan laat glo, wat ten minste vir die res van die konsert werelde kon skep wat werelde oorbrug.
Die Brothers sing met ‘n genot wat hulle nie toelaat om op een plek te bly staan nie. Hulle stamp met die voete en dans, en skop hoog bo hulle koppe, en staan terug op die verhoog om mense uit die gehoor te nooi om saam te dans. Die gehoor klap spontaan die ritme uit Hierdie tipe ding werk eenvoudig nie in meer formele en gekunstulde situasies nie. Die sangers ryk uit met soveel warmte en spontaniteit, daar is nie eens sprake van pretensie of ongemaklikheid nie. Niemand is skaam nie, en almal het hulle beurte afgewag - wit en swart, jonk en oud - en met luidkeelse geklap aangemoedig.
Hulle het gewys waar die skatte wat Paul Simon op Graceland verkoop het se ware wortles begrawe is. Dit was natuurlik sy album wat so baie bygedra het om die deure oop te maak het vir groepe soos Ladysmith Black Mambazo, en die Abaqondidi Brothers om Suid-Afrika later hiedie maand in Londen te gaan verteenwoordig. Ek kan nie dink aan 'n beter klomp ambassadeurs nie. Beste van alles is natuurlik ook dat hierdie laaste periode van internasionale erkenning van ons kultuurskat op eie bodem ook help om ons eie profete plaaslik te erken. Sou meer van ons ons doelstellings ewe begeesterd aangepak het, soos die Abaqondisi Brothers, sou Suid-Afrika sommer gou-gou die wêreld op horings gehad het.