Site Map | Home

Persvrystelling

KOBIO (Kogelberg biosphere reserve) bied die naweek van 5 December twee uiteenlopende konserte in Betty’s Baai aan ten bate van natuurbewaring in die omgewing.

Vrydagaand, 5 December se konsert bestaan uit ‘n afwisselende en vermaaklike samestelling van stories, die skryfkuns en ligte en ernstige musiek. Die welbekende Trix Pienaar sal vermaak met haar unieke vertelkuns, en een van die land se bekendste en bemindste digters en uitgewers, Gus Ferguson, sal die woorde verskaf. Jaqcues Coetzee is ‘n bekende Stellenbosche tenoor en digter wat ook saam met kitaarspeler Johann Kotze optree as ‘n folk liedjie duo, en die twee sal saam, en as soliste bydreas lewer in hierdie tweetalige (Engels en Afrikaanse) produksie.

Saterdagaand, 6 Desember is dit klassieke klanke van die uitmuntende Ashanti strykkwartet. Hulle bestaan uit studente en oud studente van die Universiteit Stellenbosch se konservatorium, en bied ‘n keurige program aan wat werke van Handel, Haydn se derde strykkwartet, opus no 5, Bach, twee Beethoven minuette en Du Chiarra se L’Spanja insluit.

Die twee konserte vind plaas in die Disa saal langs die Harold Porter botaniese tuine, en beide begin om 20h00.

Die twee konserte is deel van ‘n hele reeks konserte en praatjies met die doelwit om kultuur ten bate van die inwoners en vir die bewaring van die natuurlike omgewing op gereelde basis na die inwonders van die omgewing te bring. Die reeks word behartig deur Louis Van Heerden (skakel 028 – 272 9105 vir kaartjies en nadere inligting) en Johann Kotze (lees meer oor die KOBIO konsert reeks by www.towerlig.za.net).


Contact Johann / Conservation / Live / Music / Mp3's / Spoken Word / Writing / Yoga


Copyright, credits, website management and hosting